More articles in this category
Top Stories

The Namibian Police issued 9 245 summons which in total were worth N$ 9 688 050, between 28 November last year and 18 January this year,...

A group of Grootfontein residents are out for blood after they were allegedly duped into investing in over 30 homes by Tulaing Properties Limited,...

South Africa’s members of parliament today elected Cyril Ramaphosa as the new president. Ramaphosa takes over after former president Jacob Z...

Jacob Zuma has officially resigned from his position as South Africa's president, with immediate effect. ...

The MDC-T leader Morgan Tsvangirai who has been receiving treatment in South Africa has died following a long battle with cancer. ...

Three years into President Hage Geingob's tenure, is there anything to talk about regarding the so-called A-Team whose members take millions h...

Other Articles from The Villager

Brandweerstasie en nuwe Lughawe vir Walvisbaai


by Natalie Danielle


 

DIE nuwe brandweerstasie by die Walvisbaai Lughawe is laas Woensdag met swier en styl ingehuldig. Die Minister van Vervoer, mnr Errkki Nghimtina, Voorsitter van die Namibia Airport Company (NAC) Raad, Me Ndeuhala Katonyala, Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van die NAC, me Toska Sem, Hoof Uitvoerende Beampte van Namport, mnr Bisey Uirab, beide die burgermeesters van Swakopmund en Walvisbaai en ander hooggeplaastes in die Regering en die gemeenskap, het die  geleentheid bygewoon.
In haar verwelkomingsrede het Toska Sem, wat ‘n ekonoom van beroep is, gesê dat die nuwe brandweerstasie ‘n langverwagte ideaal is. Sy het beklemtoon dat ‘voldoening aan die vereistes rakende veiligheid’ ‘n sleutelfaktor was toe daar besluit is om met die projek te begin.
Die nuwe brandweerstasie is reeds ten volle operasioneel en gaan in die toekoms ook ‘n groot rol speel in die skep van werksgeleenthede vir die Erongo streek se jeug.
In die hoof toespraak gelewer deur Minister van Vervoer, mnr Errkki Nghimtina, het hy gesê dat graad 12 leerlinge nou toegang het tot Natalie Danielle opleidingsgeleenthede in die brandweer industrie.
Die minister het voorts gesê dat die inhuldiging van die brandweerstasie ‘n ‘geskiedkundige gebeurtenis’ is omdat dit daargestel is om lewens en eiendom veilig te hou in en rondom die lughawe.
“n Kapitale belegging van bykans N$8,9m is gedoen om die moderne fasiliteit op te rig en die werwingsproses, eksklusief vir jong mans en dames om ‘n 6-maande fisiese opleidingsprogram te ondergaan, is reeds aan die gang. Dié opleiding sluit Basiese Lewens Ondersteuning en Brandbestryding in. Hierdie opleiding gaan toesien dat veiligheid van eiendom en lewens binne ‘n 10-kilometer radius van die lughawe, verseker is.”
Nghimtina het ook bygevoeg dat die Walvisbaai Lughawe ideaal geleë is vir lugvrag logistieke behoeftes.
“Walvisbaai gaan binnekort beslis die ‘spilpunt’ van internasionale handel wees met Namport wat ook ideaal geposisioneer is.“Daar is uitmuntende geleenthede vir die bevordering van toerisme en om daardie rede moet ons pro-aktief optree sodat ons veral in areas soos  uitstekende kliëntedienslewering, kan uitstyg.”
Die Lughawe Bestuurder, mnr Dirk Booysen het beklemtoon , die huidige fasiliteite opgradeer moet word in n poging om groter vliegtuie te akkommodeer sowel om om aan internasionale standaarde te voeldoen.
 Die nuwe, moderne lughawe kompleks gaan maksimum spasie weerspieël, energie-doeltreffend wees met verdampingsverkoelers en sterk visuele taal gaan gebruik word om die korporatiewe beeld van die NAC te bevorder.
Wat die brandweerstasie betref het Booysen gesê dat die gebou hoogs effektief is wat vinnige reaksie en ‘n hoë gehalte van bevoegdheid op alle vlakke in tye van rampe, ten doel het.  Hy het ook gesê dat die Uitkyktoring ‘n 360 grade uitsig verleen in die lug en op die hoof vlak-area wat die lughawe omring.  
Die nuwe lughawe gaan ongeveer N$67m  kos en die kontrakperiode het reeds begin en gaan op 30 September 2013 verstryk. Daar word ook gekyk na ‘n tweede fase waar die fokus gaan wees om internasionale vlugte  vanaf binnelandse vlugte te skei. Die projek is gesamentlik deur die NAC en die Regering befonds.